OnsTroudag .... waar julle ons vertel

Vertel ons alles ... wat jou opgewonde maak, die interessante dinge wat jy vir jou troue en onthaal beplan ... jou raad om 'n troue beter te doen ... jou wenke ... die name van mense wie se dienste jy kan aanbeveel (ons gaan hulle feature)... hoe dit voel om verlief te wees ... en hoe jy dit ervaar om jul OnsTroudag.co.za webblad op te stel ... waarmee OnsTroudag.co.za julle kan help. Kontak ons by www.OnsTroudag.co.za of per e-pos by admin@OnsTroudag.co.za of telefonies by (27)021-976-5301 of per selfoon by 072-600-6744 of pos jul kommentaar by Sterre, Kwessies en Quotes

WAS EK MAAR 'N DIGTER van Vicky

nog een, vir aanhalings

Was ek maar 'n digter , sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel.
In gewone taal mag dit klink asof ek oordryf
As ek probeer hoop ek jy sal verstaan wat ek bedoel,
Ek sal jou lief hê , tot die Hane ophou kraai.
Tot die Leeu en die Lam , bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die Aarde kom en die wind nie langer waai.
Tot die gras aan die Hemelruim groei sal ek jou lief hê.
Totdat al die woorde van my tong verdwyn.
Tot die hoop beskaam , die son nie meer wil skyn.
Tot die berge wegsink in die see , en vir ewig daar bly lê.
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê.
Dit is jy wat my in gedagtes kan wegvoer.
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer.
Jy's die warm van 'n kaggelvuur, die sprank van vonkelwyn.
En die son wat die misbank soggens laat verdwyn.
Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou.
Hart en siel gee ek, daar is niks wat my weerhou.
Net voor die woorde opraak , is daar iets wat ek nog wil sê.
Dis hoe lank my liefling ek jou sal liefhê

No comments: