WAS EK MAAR 'N DIGTER deur Vicky
nog een vir quotes - weet nie meer waar ek dit gekry het nie, net dat ene vickie dit geskryf het as student
Was ek maar 'n digter , sou ek dalk kon beskryf
Wat jy aan my doen en hoe ek oor jou voel
In gewone taal mag dit klink , asof ek oordryf
As ek probeer hoop jy sal verstaan wat ek bedoel
Ek sal jou lief hê , tot die Hane ophou kraai
Tot die Leeu en die Lam , bymekaar gaan lê
Tot daar stilte oor die Aarde kom en die wind nie langer waai
Tot die gras aan die Hemelruim groei sal ek jou lief hê
Totdat al die woorde van my tong verdwyn
Tot die hoop beskaam , die son nie meer wil skyn
Tot die berge wegsink in die see , en vir ewig daar bly lê
Dis hoe lank my liefling ek jou sal lief hê
Dit is jy wat my in gedagtes kan wegvoer
Na die maan en die sterre wat deur my venster loer
Jy's die warm van 'n kaggelvuur, die sprank van vonkelwyn
En die son wat die misbank soggens laat verdwyn
Ek is net 'n mens en my swakheid lê by jou
Hart en siel gee ek, daar is niks wat my weerhou
Net voor die woorde opraak , is daar iets wat ek nog wil sê
Dis hoe lank my liefling ek jou sal liefhê

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment