Liefliedjie
Hier is beslis 'n paar quotes uit te haal! Woorde en musiek: Lochner de Kock
Met jou wil ek altyd elke oomblik deel
Met jou sal die lewe my nooit kan verveel
Met jou wil ek op 'n mallemeule ry
Met jou wil ek in die maanskyn vry
Vir jou wil ek arms vol sonneblomme pluk
Vir jou wil ek my kitaarsnare ruk
Vir jou wil ek rooiwang appelbome plant
Vir jou wil ek 'n duisend bidkerse brand
Jy's my somerhuis se rankroosbos
My herfsgety se rooibruin blos
My wintertyd se boontjiesop
My lentebruid, my bloeiselpop
Vir jou wil ek 'n rooi kersieboord aanplant
Vir jou wil ek handevol soet wierook brand
Ek wil vir jou 'n lied van geilgrond sing
Ek wil vir jou 'n mandjie vol blomme bring
Want jy laat my voel soos 'n koningskind
Jy laat my sing soos 'n somerwind
Jy laat my lag soos 'n sirkusnar
Jy maak my kop skoon deurmekaar

Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment