OnsTroudag .... waar julle ons vertel

Vertel ons alles ... wat jou opgewonde maak, die interessante dinge wat jy vir jou troue en onthaal beplan ... jou raad om 'n troue beter te doen ... jou wenke ... die name van mense wie se dienste jy kan aanbeveel (ons gaan hulle feature)... hoe dit voel om verlief te wees ... en hoe jy dit ervaar om jul OnsTroudag.co.za webblad op te stel ... waarmee OnsTroudag.co.za julle kan help. Kontak ons by www.OnsTroudag.co.za of per e-pos by admin@OnsTroudag.co.za of telefonies by (27)021-976-5301 of per selfoon by 072-600-6744 of pos jul kommentaar by Sterre, Kwessies en Quotes

kyk hier vir gedigte

www.roekeloos.co.za
www.woorde.co.za

My Roos

My Roos
Hoe kan ek my liefde vir jou beskryf?
Hoe kan mens die tyd sonder jou verdryf?
Waar kan ek begin om jou te sê?
Hoe kan ek die onrustige hond laat lê?
Jy is my hart se punt,
Jy is my anker teen die wind.
Jy is my einde en begin,
Jou naam is al wat in my hart sing.
Jy is my berg, sterk en altyd daar,
Jy is die een wat my teen onheil bewaar.
Jy is die oggendson se eerste soen,
Met jou in my lewe kan ek enige iets doen.
Jy is die eerste druppel dou op 'n roos se dors,
Soos die roos, wil ek sing uit volle bors.
Jy is soos 'n tarentaal se eerste oggend groet,
Jy, my skat, is in my bloed.
Jacques Marais

Sterre, Quotes en Kwessies

Post jul kommentaar onderaan hierdie Post oor die name en kontakbesonderhede mense wie se diens jy werklik kan aanbeveel; jul kwessies, vrae, kwellings en opmerkings; en jul romantiese aanhalings. Ons publiseer alles wat ander bruide kan help met hul troudag.

kan mens foto's van my foto-album aflaai?

Ons Webontwerper antwoord:

Nee, mens kan nie foto's vanuit die trou-album aflaai nie. Die foto's is in elk geval in 1,5 MB, wat te laag vir drukwerk is.

Maar wat wil jy eintlik doen? As jou gaste foto's wil he, stel ons voor dat hulle jul aanlyn album deurkyk en julle laat weet watter foto's hulle graag wil ontwikkel (sommer direk via die gasteboek se e-pos vorm)

Julle kan dan hierdie foto's vir hulle epos, wat hulle dan op 'n geheuestiffie kan sit en self vir ontwikkeling kan neem ... en daar het jy jou foto's maklik van hier tot in Alaska / Australie gestuur gekry ... topgehalte foto's daarby!

Waarom kan foto's nie uit die album gelaai word nie? Dikt gaan daaroor om die kopiereg van die fotograaf te beskerm.

Ek het verlede jaar 'n man ontmoet ...

Ek het verlede jaar November 'n man ontmoet. Baie vinnig het ek besef dat hy anders is as al die voriges, nie net 'n kerel nie, maar ook my beste vriend en sielsgenoot. Ons trou die 1ste Desember op die strand en ek kan nie wag om my ewige liefde aan hierdie fantastiese man te verklaar nie!
Die hartseer ding vir my is dat met die werksituasie waarin SA tans is, is 4 van my baie goeie vriendinne oorsee. Een is in Taiwan, een in London, een in Amerika en een in Duitsland. Die opwinding van die troue het reeds vir my begin by die verlowing en die beplanning van ons groot dag, maar ek sou dit als so graag met hierdie spesiale vriendinne wou deel. Om oor die foon te klets is moeilik, want dit is duur, so mens is altyd gejaag deur die tyd en moet baie nuus in so kort moontlike tydtjie vertel en epos gee nou nie regtig die effek nie.
Dis hoekom ek onmiddelik verlief geraak het op die idee van ons eie troublad!
Die vriende van my het ook nog nooit my verloofde ontmoet nie, so nou kan hulle op hulle eie tyd deur die webblad kyk en so die tyd met my deel!
Dis'n fantastiese idee wat al die Suid-Afrikaners wat oor die wereld gespat het, tog nog gekonnekteer te hou met iets so mooi soos 'n troue. Louise Muller, Durbanville 755o