OnsTroudag .... waar julle ons vertel

Vertel ons alles ... wat jou opgewonde maak, die interessante dinge wat jy vir jou troue en onthaal beplan ... jou raad om 'n troue beter te doen ... jou wenke ... die name van mense wie se dienste jy kan aanbeveel (ons gaan hulle feature)... hoe dit voel om verlief te wees ... en hoe jy dit ervaar om jul OnsTroudag.co.za webblad op te stel ... waarmee OnsTroudag.co.za julle kan help. Kontak ons by www.OnsTroudag.co.za of per e-pos by admin@OnsTroudag.co.za of telefonies by (27)021-976-5301 of per selfoon by 072-600-6744 of pos jul kommentaar by Sterre, Kwessies en Quotes

kan mens foto's van my foto-album aflaai?

Ons Webontwerper antwoord:

Nee, mens kan nie foto's vanuit die trou-album aflaai nie. Die foto's is in elk geval in 1,5 MB, wat te laag vir drukwerk is.

Maar wat wil jy eintlik doen? As jou gaste foto's wil he, stel ons voor dat hulle jul aanlyn album deurkyk en julle laat weet watter foto's hulle graag wil ontwikkel (sommer direk via die gasteboek se e-pos vorm)

Julle kan dan hierdie foto's vir hulle epos, wat hulle dan op 'n geheuestiffie kan sit en self vir ontwikkeling kan neem ... en daar het jy jou foto's maklik van hier tot in Alaska / Australie gestuur gekry ... topgehalte foto's daarby!

Waarom kan foto's nie uit die album gelaai word nie? Dikt gaan daaroor om die kopiereg van die fotograaf te beskerm.

1 comment:

Hierdie blog gaan oor troues ... eintlik oor joune! said...

Jy bedoel hulle moet hul fotograaf vra om die foto's na jou te e-pos, waarna jy dit na hulle e-pos, waarna hulle dit epos na die plek waar hulle gewoonlik hulle foto's laat ontwikkel?

(Klink erg, maar ons het dit al gedoen en dis absoluut, steeds en totaal makliker as om in die poskantoor te gaan staan ...)